azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

buckfever underground – augustus lyrics

Loading...

die stories wat ek langs die pad optel is kort en ek
vergeet hulle maklik jokes val in by ‘n oor uit by ‘n
mond word doodgedruk deur ‘n sigaret en dan voete as
iemand nou weer eenkeer vir my vra waarom ek karre tel
gaan ek my humeur verloor daar’s baie te leer in
migrasie die wisselende klimaat die swak geriewe die
kwynende voorrade dis eintlik nie nodig om dit te noem
nie want ons het almal dieselfde hande en soortgelyke
honde eintlik is ek die laaste een om te praat ek frons
daagliks ‘n glimlag van afweermiddels ek ruik na sweet
diep in die winter en ek wonder waar die eende vanjaar
broei ek skryf alles neer en hoop dit vou op en vlieg
maar ek bly net honger en afgetrokke my broer skiet ‘n
ribbokooi in die winter en later ‘n duiker en beide is
dragtig daar’s fout met die weer die wolke dryf
verkeerd die diere lam te vroeg augustus is warmer as
vantevore en steeds wag ek dat iemand moet doodgaan
miskien is dit my beurt daar’s dan nog vyftien dae oor
en my regterhand is kouer as gister iets jeuk in my rug
en buite kwetter die verwarde vinke wanneer die kwik
dertig raak hulle nou neste in die ongesonde hitte maar
sit verwonderd twee dae later wanneer dit misre ‘n die
karre ry verkeerde kant toe en almal gaan op die
sperstrepe verby vanoggend l daar ‘n dooie spreeu in
die pad sonder rede netjies en geslagloos op sy rug die
mense hier doen inkopies en ek spandeer weer my ouers
se geld die gras ryp dood ondanks die hitte maar
skadukolle is lowergroen van my badkamerwater daar’s
ongemaklike stiltes waar wind moet wees straatligte wat
nie werk nie en snags kry ek nie my rug reguit in die
bed nie as dit so aangaan gaan die somer vroeg en nat
kom in donderstorms en vloede en lank daarna sal dit
warm wees en droog en hoog en wit vir ‘n nuwe bergreeks
en vlakte die sondagsrivier meander met geleende water
tot by die see en dan stadig teen die opdraand waarteen
motors afry en ek pitte in die emmer gooi en karre tel
die seisoene swaai onbeheersd soos gekneusde vrugte aan
‘n tou orals vrot biltong en dro wors agter gaas terwyl
vure met nat hout gestook word ek neem foto’s van
bergpieke maar dit bly deinserig en vaal en ver die
plaaswerkers werk vinniger en ons kyk gedurig in die
lug op ons knink instemmende vir mekaar en tel die
bokke drie keer om seker te maak ons honde l om die
huis rond die een oud en gek en blind die ander ‘n lae
ik labrador vir ure sit ek in die sonkamer en kyk hoe
die son vuil kolle op die venster uitwys ek’s op my
gelukkigste hier maar vanjaar klop alles nie hoe langer
ek tik hoe kouer word my vingers wanneer ek die tv
aansit lag ek vir die nuus daar’s geen rede om karre te
tel nie maar dit verskaf vertroosting van mense wat op
pad is dis beter om net te sit en pitte in die emmer te
gooi as die jaartye verder handuitruk begin dit dalk
groei op ‘n sondag wie weet daar’s nog vyftien dae oor
in augustus god weet



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...