bernice west - o kind lyrics
[vers 1]
o kind is daar iets wat jy wou sê
ek hoor die wolke praat weer stories oor al jou klere
bou jy weer huise by die bure
gooi jy klippies teen die mure
skop vas tel jou kop op as jy praat
o kind ek het opgemors maar ek kla nie
ek trap die spore van jou eie moenie huiwer om te vra nie
want dis nie geld wat jou siel gaan red nie
ook nie geld wat geluk gaan koop nie
as jy jou hart laat klop stop die dinge wat jou pla
[pre+koor]
trek los luister hardop na goeie raad
[koor]
o kind o kind sal jy jou laaste asem spaar dat ek my raad aan jou kan openbaar
hou jou naaste aan jou sy, luister na wysheid wat jy kry
geniet die nou, laat jou hart op god vertrou
o kind
o kind
[vers 2]
o kind stof jou rakke af moenie kla nie
gooi jou [?] nat met die trane wat jy versamel
gooi jou drome in ‘n tas
en trek die skoene aan wat jou pas
vertrou op die ritme van jou hart
[pre+koor]
trek los luister hardop na goeie raad
[koor]
o kind o kind sal jy jou laaste asem spaar dat ek my raad aan jou kan openbaar
hou jou naaste aan jou sy, luister na wysheid wat jy kry
geniet die nou, laat jou hart op god vertrou
o kind
o kind
o kind o kind sal jy jou laaste asem spaar
[outro]
o kind
daars genade jy hoef nie te vrees nie
pas jou hart net op
gin jou self genot moenie kneus nie
kyk uit want ek hou jou fyn dop
Random Lyrics
- poppy o - kite lyrics
- michael feinstein - somewhere lyrics
- bình gold - ông bà già tao lo hết lyrics
- keiju - remy up lyrics
- deys - shoegaze boy lyrics
- zdravko colic - sok,sok lyrics
- mike love - camp california lyrics
- white 2115 - na jednej z tych plaż lyrics
- wasabi blues - insane lyrics
- frankie "tha boy" - icy lyrics