bottomless coffee band - mandjie vol sterre lyrics
as jy vir my kan sê
wat anderkant die suiderkruis lê
as jy vir my kan droom
dalk ’n seilboot geanker aan ’n wolk se soom
as jy vir my ’n blom kan pars
in die bybel binne jou kas
as jy vir my kan sê
waar jou plek op die kruis dan lê
dan sal ek vir jou kan bloei
dan sal ek vir jou kan snoei
’n mandjie vol sterre vanaand
dan sal ek vir jou kan seil
dan sal ek vir jou kan roei
my bootjie oor jou stille oseaan
as jy vir my kan wys
die tierlantyntjies van jou hart se dag
as jy vir my kan smoor, die husse wat ook langoor vir jou lag
as jy vir my kan loop
langs die grense van die see
en opkyk na die sterre
ek sien hoe klein is jou tree
dan sal еk vir jou kan bloei
dan sal ek vir jou kan snoei
’n mandjiе vol sterre vanaand
dan sal ek vir jou kan seil
dan sal ek vir jou kan roei
my bootjie oor jou stille oseaan
as jy vir my kan doop
met ’n st. christopher in jou hand
vir my god kan gee
’n hemel en ’n see
as jy vir my kan doop
met ’n st. christopher in jou hand
vir my god kan gee
’n hemel en ’n see
dan sal ek vir jou kan bloei
dan sal ek vir jou kan snoei
’n mandjie vol sterre vanaand
dan sal ek vir jou kan seil
dan sal ek vir jou kan roei
my bootjie oor jou stille oseaan
dan sal ek vir jou kan seil
dan sal ek vir jou kan roei
my bootjie oor jou stille oseaan
Random Lyrics
- hindi zahra - the moon lyrics
- desmond child - angel lyrics
- robin stjernberg - pretty lyrics
- og treasure - no baile tô de gucci lyrics
- selami şahin - canlı lyrics
- niño enfermo (arg) - winning eleven lyrics
- john mcgaraghan - emanuel lyrics
- daddyphatsnaps - alucard rap lyrics
- tullis - matinee lyrics
- john r. miller - parking lots lyrics