
coenie de villiers - vir jou lyrics
vir jou wil ek ‘n huis hê
‘n huis met ‘n leiklipvloer;
‘n witgekalkte skoorsteen
wat deur die rietdak loer;
‘n okkerneuthout-onderdeur
wat kreun aan die skarnier
‘n donskombers om in te beur
‘n kaggel en ‘n vuur
(koor)
die dae is droef soos druiwe
jou naam is soet soos mos
die herfs is in die wingerd
die son in elke tros;
die winters hier is wondbaar
as die jaar se hitte kwyn
die seisoen word oud en waardig;
wat mos was, word nou wyn
vir jou wil ek ‘n bos hê
waar jy dennenaalde ruik;
reën wat oor die berg kom
wat timmer teen die luik
en by die hek ‘n bloekom
met sy takke in die wind;
hier in die koper-ledekant
jou warm bruinoog-kind
(koor)
al maak ek hierdie versie
eenvoudig, lief, soos nou;
die wens bly tog maar net ‘n wens –
die werklikheid verbrou
(koor)
Random Lyrics
- jill tracy - between the black lyrics
- real ones - the world says no lyrics
- throb - grapefruit lyrics
- squintsmane - snow lyrics
- the irish rovers - new york girls lyrics
- cast of damsels in distress - things are looking up lyrics
- him - heartache every moment (acoustic) lyrics
- demon - warriors lyrics
- f l a c o - triborg lyrics
- bryson gray - pro life pro god pro trump lyrics