deon meiring - as jy my oopskeur lyrics
ek wonder of ek nog onskuldig is?
plek, plek gevlek
maar ook miskien heilig of kind genoeg
om af en toe te onthou dit is menslik om onheel te voel
tog wens ek nog jy stop my gate toe
hou net my soom aan een met ‘n hakspeld of laat my toe
om af en toe te vergeet dat ek sukkel om self dit te doen
as jy my oopskeur
skemer daar dalk iets van harte deur
ek wens ek was al klaar so wys
soos wat ek graag wil wees
soos wat ek graag wil wees
ek wonder of sal my vrese verbleik
as hierdie ooit die slyer kan mis kyk?
of die watte in my weer lewe sal kry
as ek myself toe laat om daarna te kyk
as jy my oopskeur
skemer daar dalk iets van harte deur
ek wens ek was al klaar so wys
soos wat ek graag wil wees
soos wat ek graag wil wees
as jy my oopskeur
skemer daar dalk iets van harte deur
ek wens ek was al klaar so wys
soos wat ek graag wil wees
soos wat ek graag wil wees
ek wonder of ek nog onskuldig is?
plek, plek gevlek
maar ook miskien heilig of kind genoeg
om af en toe te onthou dit is menslik om onheel te voel
Random Lyrics
- chewiecatt - devilish deal lyrics
- spxxky - florbus lyrics
- survey monkey - time flies outro lyrics
- aznil haji nawawi - professor klon lyrics
- ioneshap - п.и.п. (wake up and sing) lyrics
- dhd - makin' moves lyrics
- giovanni zarrella - per ricominciare lyrics
- dust and ashes (прах и пепел) - овечка lyrics
- fresh micks - just friends lyrics
- arid (pop) - surface lyrics