
die heuwels fantasties - vinger alleen lyrics
hierdie tyd van die jaar
hoekom is ek so seisoenaal?
dit klink dalk banaal
as die as wat reën jou begrawe
van die torings wat jou omring
meestal gister s’n
skielik skeur hierdie seun middeldeur
my uitsig is ‘n mooi skarlakenrooi
‘n helder, pragtige nagmerrie
die eenvoud laat my koud
jou onskuld bewys
‘n mors van my tyd
ons almal wou mos brand
met net die stad se ligte aan ons kant
flikker, blink, verinneweer
verlep, verskeur
alweer
die eerste keer is altyd seer
twee vingers en jy het iets geleer, my kind
van oorgee aan die vlees van ‘n vrou
en van ‘n man vir haar wees
haar impulsiewe negatiwiteit
ek weet jy’t idees wat uit jou moet uit
haar koud laat jou spyt
pis op my drome
jou heilige woorde
soon standaardakkoorde
my broers, my sinode
my verkose narkose
is maarwreed, maar waar
die eerste keer is altyd seer
twee vingers en jy het iets geleer, my kind
van oorgee aan die vlees van ‘n vrou
en van ‘n man vir haar wees
my bloeddorstige lus vir immoraliteit
ek het idees wat uit my moet uit
maar haar koud laat jou steeds spyt
Random Lyrics
- lil poppa - chances lyrics
- shinova - hermano sol, hermana luna lyrics
- butter - hocus pocus lyrics
- juares de mira - 16 toneladas lyrics
- tiffany gouché - pillow talk lyrics
- missy bauman - lucky lyrics
- young cedar - for the homies lyrics
- houdinne - free google lyrics
- mr. sos - the precursor lyrics
- incendiary - sell your cause lyrics