azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

draadhond - die ketting lyrics

Loading...

hier sit ons nou verstrooi
vêr weg van die land
soos ou dryfhout in die skuim geslyp
op diaspora se strand

van ons volksmoeders gespeen
die ketting skyn gebreek
nou slaap die stories van ons oumense
op die bodem van die see

my mense maak nou kuns
hulle dig die dieper donker
my mense dans op vêr blou eilande
praat met gode op die maan
die pennedrywers en beeldenaars
die buitekamеr rockstars
skep hul water uit die bron
staan naak ondеr die son

nou bly ons nog hierdie taal
wat ons leer om te aanbid
ons huis+afgod, ons tent se paal
wat ons seile van binne stut

ons seisoene draai verkeerd
maar niemand vra waarom
dis die eggos van ons voortyd
wat ons stemme laat verstom
my mense is nomade
burgers van die aarde
my mense woon in die eter
hulle voete oor die water
die blinde sieners, stom profete
die queers en anargiste
skep hul water uit die bron
loop snags onder die son

ons trek maar soos die swaeltjies
daar′s kontinente wat wink
is ons nie lankal daar nie
is ons nader as wat ons d+nk

ons skep ons eie waarheid
maar ons het net onsself gevind
aan ons eie swerweraard
met kettings vasgebind

my mense maak nou kuns
hulle dig die dieper donker
my mense dans op vêr blou eilande
praat met gode op die maan
die pennedrywers en beeldenaars
die buitekamer rockstars
skep hul water uit die bron
staan naak onder die son
my mense, my mense
ons d+nk ons het onsself onttrek
my mense, my mense
het slegs ‘n dieper sin ontdek
my mense, my mense
was nog nooit gebonde
aan net een hawe
aan net een plek



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...