glaskas - vas lyrics
ek stry met myself
en oorweeg onverwags
sewe dae sonder jou
ek wag sonder vrae
op jou antwoord
en stel myself teleur
terwyl ek weet
maar aanhou ontken
ek voel nie meer jou oe op my nie
maar ek asem jou geur steeds in
en ek besef die gevaar om jou te begeer
verontagsaam alle logiese verduideliking
want ek weet nie wat hierdie emosie
se naam is nie, ek weet nie!
jy kyk om, so helemal onbewus
van jou skoonheid en ek besef
jy’s alreeds so helemal deel van my
binne in hierdie kamer en
binne in hierdie gedagte
maar die deur bly oopgesluit
jy se nie hoe jy voel nie
en al wat ek nog kon doen is voel
ek wil my gedagtes vir jou lees
en dan skryf ek dit neer
en hoop jy verstaan wat ek bedoel
wanneer jy slaap bly ek wakker
en skryf jou raaisels uit
waneer jy kaalvoet deur my hart kom loop
sluit jy die deur na my gedagtes oop
jy kyk om, so helemal onbewus
van jou skoonheid en ek besef
jy’s alreeds so helemal deel van my
binne in hierdie kamer en
binne in hierdie gedagte
maar die deur bly oopgesluit
Random Lyrics
- jerry vale - the things i love lyrics
- skank - os homens das cavernas lyrics
- abess - hier lyrics
- nofx - you're bleeding lyrics
- milk inc. - i just died in your arms tonight lyrics
- zafer peker - sensiz sabah olmuyor lyrics
- co cash - monstar lyrics
- cornelis vreeswijk - visa till dig lyrics
- yelworc - blood in face lyrics
- bandabardò - ubriaco canta amore lyrics