jakkie louw - voshaarnooi lyrics
[vers 1]
bantam hom so
en flennie die snare
ek is verlief op die kind
die son slaan vuur uit die sweetvos hare
ek is verlief op die kind
[koor]
hoor jy meisie met die sweetvos hare
verstaan jy die praat van die rankie snare
ek is verlief op die kind
[brug]
lappa lei vir bella koud
in waboomskloof se geel bossie
lappa maak vir bella stout
met hanepoot se natrosies
donkerrooi die wingerblaar
en warmrooi die mond van haar
my hart blom wit vir die voshaar nooi
pluk heide van die rooiste rooi
vir hierdie einste voshaar nooi
[slot]
bellabint my meisiekind
dis hartblom wit, dis heide rooi
bellabint my meisiekind
dis hartblom wit, dis heide rooi
vir jou my voshaar meisiekind
hoor jy meisie met die sweetvos hare
verstaan jy die praat van die rankie snare
ek is verlief op die kind
ek is verlief op die kind
Random Lyrics
- damas gratis - tres teclado al pedo lyrics
- yaeji - michin lyrics
- יוסי בנאי - ahava bat esrim - אהבה בת עשרים - yossi banai lyrics
- pink velvet - love sex lyrics
- off the menu - the void lyrics
- dildox - if i die lyrics
- aiko - いつ逢えたら (itsu aetara) lyrics
- usanga.31 - g2d moon lyrics
- эндрю рэст (andrew rest) - andrew's theme lyrics
- eg.danik - исчезнуть (gone) lyrics