juanita du plessis - meisiekind lyrics
hierdie dag belangrik my lief
die fotos in my hand ‘n ope brief
hier was jy nog in die gradeklas
klein haasbekkie met handjies skoongewas
hier’s jou kleinboet hy kon jou so pla
geduld word mos van ma’s gevra
hier jou matriekafskeidsdans
jou rok so mooi ‘n sterreglans
vandag is jou troudag my meisie
jy word ‘n vrou my kind
mag vreugde groei deur die jare
hierdie jou dag
toekoms wat wag
my liefste my meisiekind
jy gaan weg dis soos diе lewe is
my meisiеkind ek sal jou baie mis
daar is plek in ons familiekring
vir hom wat jou vreugde bring
meisiekind dis jou huweliksfees
ek sal nie huil ek sal net vrolik wees
hierdie môre reeds pêrelgrou
word wakker lief die toekoms wag vir jou
vandag is jou troudag my meisie
jy word ‘n vrou my kind
mag vreugde groei deur die jare
hierdie jou dag
toekoms wat wag
my liefste my meisiekind
vandag trou ma se meisie
en tog bly jy ma se kind
mag vreugde groei deur die jare
hierdie jou dag
toekoms wat wag
vir mamma se meisiekind
hierdie jou dag
toekoms wat wag
vir mamma se meisiekind
Random Lyrics
- coffey anderson - good to you lyrics
- eyyub yaqubov - kirvə lyrics
- heyden (kor) - that somebody was you lyrics
- japanese breakfast - skinny love lyrics
- alban skenderaj & miriam cani - zemer permbi zemer lyrics
- hardcore cafe - танцующий лес (dancing forest) lyrics
- original broadway cast of the gay life - what a charming couple lyrics
- jack uzi - hiroshima lyrics
- kid mos - the ways lyrics
- tha god fahim - drivin me crazy lyrics