karlien van jaarsveld - al breek ons gelyk lyrics
[vers 1]
die liefde vertrou mos vir altyd
woorde word minder so mettertyd
vashou aan ou goed, los net verwyt
al wat saak maak is die liefde
jy’t nog gesê ons sal bly val
maar die opstaan en aangaan is al wat tel
met jou aan my sy sal ons stories vertel
van die liefde (van die liefde)
ware liefde (ware liefde)
[koor]
val jy ook in die donker
vertrou jy my as jy wonder
en weet jy ek sal nooit kan opgee
al breek ons gelyk
al breek ons gelyk
[vers 2]
jou glimlag vertеl my nog altyd
dat ‘n sagte woord woede bеdaar kry
jy’t ‘n hart wat my wys hoe die liefde lyk
en van uithou leer ek by jou
jy’s ‘n deel in my dag wat my hart verbly
al loop die pad moeilik is jy by my
daar’s ‘n stilte in jou wat ons altwee wys
hoe werk die liefde, ware liefde
[koor]
val jy ook in die donker
vertrou jy my as jy wonder
en weet jy ek sal nooit kan opgee
al breek ons gelyk
al breek ons gelyk
hoor jy hoe roep ek jou naam uit
net jy voel soos ek as ons seerkry
en jy weet ek sal nooit kan opgee
al breek ons gelyk, al breek ons gelyk
[brug]
liefde, seerkry, val en verby kyk
kwaad word, weet dat als kan oorwin word
[slot]
val jy ook in die donker
vertrou jy my as jy wonder
en weet jy ek sal nooit kan opgee
al breek ons gelyk
al breek ons gelyk
hoor jy hoe roep ek jou naam uit
net jy voel soos ek as ons seerkry
en jy weet ek sal nooit kan opgee
al breek ons gely
al breek ons gelyk
liefde, seerkry
liefde, seerkry
Random Lyrics
- legit smitty - am i okay? lyrics
- will morris - hud deltoro lyrics
- יצחק קלפטר - tzayad boded - צייד בודד - itzhak klepter lyrics
- philfo - mr. watchyourbackman lyrics
- kriswitak - life ends in hell lyrics
- patchymate - dream analysis lyrics
- blckk - every rapper on earth could die right now and nothing would change lyrics
- saikyo - garden of bliss lyrics
- מירי מסיקה - shtey gadot - שתי גדות - miri mesika lyrics
- a banca 021 - liguei o f lyrics