leah sa - mooiweer lyrics
mooiweer lyrics
ek kan nie help om jou te bel
niks spesiaal om te vertel
want jy is vêr en ek’s sleg met hierdie goed
my woorde is min
jou stem wat wegraak op die lyn
was dit dalk jy of net die sein
is hierdie oproep al lankal klaar verby
en werk ons te hard om nie te baklei
ek hoor dit reën daar by jou
maar hier by my is dit mooiweer en warm
jy sê dit reën steeds by jou
so los my nou want dis mooiweer en warm
miskien moet ek jou net weer soen
en by jou wees en jou net voel
dalk in daai oomblik sal ek weer kan onthou
hoekom ek nog uithou saam met jou
ek hoor dit reën daar by jou
maar hier by my is dit mooiweer en warm
jy sê dit reën steeds by jou
so los my nou want dis mooiweer en warm
sê vir my ons is nie verby nie
sê vir my jy kan nie genoeg kry nie
sê vir my dat ek die een vir jou is
sê vir my, sê vir my
ek hoor dit reën daar by jou
maar hier by my is dit mooiweer en warm
jy sê dit reën steeds by jou
so los my nou want dis mooiweer en warm
Random Lyrics
- aybil - american body lyrics
- elida reyna y avante - promesas falsas lyrics
- maylo (esp), gonch - magia oscura (afrobeat) lyrics
- signal & report - signals lyrics
- cyphreaux - valentines freestyle lyrics
- finch - erektion lyrics
- neil young - ride my llama (solo) lyrics
- bizzy montana & yannick - laune mies lyrics
- cường seven - oscar lyrics
- ted pearce and the nomadic farmers - homecoming lyrics