
lize beekman - jy is hier geliefde my lyrics
dis onwaarskynlik dat ek eendag hierdie oomblik sal vergeet
tussen al die ander wat ‘n leeftyd genereer
hierdie een op ‘n vrydag
kwart oor twee
hierdie een skryf ek neer
want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
en agter jou lê ‘n moeë fiets, langs jou staan ‘n tas
en die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly
dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai dat jy hier gaan kom draai
en wat nog te sê van stil kom staan sonder om weer te gaan
ek het gеwonder, maar kon nie weet nie, еk moes dit los, maar kon nie vergeet nie
so, hierdie dag skryf ek neer
want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
en agter jou lê ‘n moeë fiets, langs jou staan ‘n tas
en die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly
jy is hier, geliefde my
jy is hier om te bly
Random Lyrics
- jim dalton - shine your light lyrics
- cristiancole, 42deads - devilslifestyle lyrics
- nighthawkx - butterfly lyrics
- albertnbn, ian (rou) & petre ștefan - pe stradă lyrics
- pandelis thalassinos - στο κάστρο το παλιό (sto kastro to palio) lyrics
- claudia jung - lieber gott laß abend werden lyrics
- nora aunor - better say goodbye lyrics
- da$h - coke wave lyrics
- steakaiplus - skibidi egg steak disstrack secret audio (original) lyrics
- bitză - cântecul și povestea lui lyrics