lucas maree - wiegeliedjie lyrics
mamma sing en baba luister
want die donker maak vir baba bang
in die wiegeliedjie is daar feëtjies
en die feëtjies maak vir gogga bang
baba lag as gogga raas kry
tot die slaapies dan vir baba vang
en met baba diep in droomland
maak die donker steeds vir mamma bang
pappa bring vir mamma braaiboud
as die rooiwyn soms vir pappa vang
mamma huil en pappa soek skuiling
want die donker maak selfs pappa bang
pappa praat en mamma luister
en die rasies maak vir baba sang
baba huil en mamma fluister
maar die rooiwyn gaan nog steeds sy gang
en ‘n motor vol vrees jaag die straat af
met ‘n motor vol wraak agterna
en ‘n motor vol wyn word ‘n motor vol pyn
waar die blou ligte flits vol genade
pappa slaap en mamma luister
na diе weerklank op die vleuels van tyd
want in baba skuil ‘n vadеr
met ‘n bottel in sy stuurkajuit
Random Lyrics
- days dissolve - heart on my sleeve lyrics
- roberta miranda - viajante solitário (o comboio) lyrics
- el capon - shut up chicken (just ben remix) lyrics
- 091 - nada es real lyrics
- bugle, nation boss & 808 delavega - experience lyrics
- phyllis tate - the lark in the clear air lyrics
- doni (rapper) - wholesome lyrics
- fiffy kamprad - riese lyrics
- trigga 3 - f@k3 ft. notsowavy lyrics
- bright campa - potential lyrics