nicholis louw - net vir my lyrics
Loading...
swaar moes u heeldag dra
aan u ‘n kruis gegee
u’t nooit gekla of vra
wat sal verligting gee
die doringkroon gedra
die skare tart en skree
verdra dit tree vir tree
gekreun en meegegee
steeds moes u verder dra
niemand het omgegee
u’t hul vergewe ja
al het u niks oortree
sou hul die vrees gewaar
toe spykers deur u breek
die plek is golgota
waar u die laaste woorde skree
ek loof u naam o heer
die lyding en die seer
wat u moes deurmaak
vir my
ek buig nou voor u neer
en bring u alle eer
want u het gesterf
net vir my
u het weer opgestaan
u het die dood oorwin
na die hemel opgevaar
waar engelkore sing
die lyding is verby
u het my plek berei
om vir altyd te bly
daar is ‘n plek langs u vir my
Random Lyrics
- daniel ingram - evil enchantress lyrics
- status quo - to be free lyrics
- bobby womack - no matter how high i get lyrics
- nicholis louw - i'm coming home lyrics
- me first the gimme gimmes - o sole mio lyrics
- karmin - forget you lyrics
- lisette melendez - love type situation lyrics
- nicole - tres pies al gato lyrics
- turtles - can i get to know you better lyrics
- billie the vision the dancers - i've been used again lyrics