spoegwolf - die rivier lyrics
ek wou jou voel vanaand.
ek het kerk toe gegaan
en agter my gebed gesit.
onthou jy ons laaste aand?
ek het jou styf vasgehou.
as ek nou daaraan d-nk,
was daar iets ver in jou.
ek weet jy wag vir die here,
maar hy kruip in jou rigting weg.
ek het sy reuk vergeet,
ek kan hom proe in jou.
ek is nie bang vir hierdie mense nie,
ek is hier vir jou.
ek is nie bang vir hierdie mense nie,
ek is hier vir jou.
kry my weer by die rivier.
ek het als gaan soek,
ek het al jou jong dae hier.
tussen die kleur, ek hou die handdoek op,
dat jou huil met die lig weg spoel.
dis net bloed my lam.
ek le opgedam in al hierdie,
eendag vir jou.
onthou jy ons eerste aand?
jy het my wakker gehou,
met al jou toekoms droom,
ja die man van jou.
ek weet jy wag vir jou kans,
maar dit kruip in jou ritmes weg.
ek het koers verloor.
ek begin van voor.
ek is nie bang vir hierdie mense nie,
ek is hier vir jou.
ek is nie bang vir hierdie mense nie,
ek is hier vir jou.
kry my weer by die rivier,
ek het als gaan soek, ek her jou jong dae hier.
tussen die kleur, hou ek die handdoek op,
dat jou huil met die lig weg spoel.
Random Lyrics
- culto racional - não espere a perfeição de mim lyrics
- pbj - skrrt lyrics
- a-reece - hamba nami lyrics
- gérard baste - profite ! lyrics
- fishmans - うまく歩けないよ (i can't walk very well) lyrics
- soy christmas - stalwart lyrics
- alex cameron - politics of love lyrics
- aikko - весна (spring) lyrics
- dogs machete - time to overdose lyrics
- k1ng az3l - the long road home lyrics