the parlotones - lisa se klavier lyrics
ek het ‘n vriendin
ver by die blou see
teen die hang van tafelberg as die son sak
speel sy die mooiste melodieë
haar vingers ken die pad
opgesluit in wit en swart
die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
verstaan die hart se diepste smart
ja, die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die naggeluide
van lisa se klavier
en lisa kan nie ophou
as sy eers begin het nie
en sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
voor my laaste sigaret nie
ek staan op haar balkon
en drink haar appelkoostee
kyk uit na kaapstad in die nag
die liggies en die swart, swart see
ja, die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die naggeluide
van lisa se klavier
en onder op die sypaadjie
sien ek die bergie en sy maat
gaan staan en opkyk
ver na bo
vanuit die vullis van oranjestraat
hulle ken al lank die klanke
wat uit haar woonstel stroom
lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
word lisa elke boemelaar se droom
Random Lyrics
- antônio pinto - a morte lyrics
- sagopa kajmer - sonumuz yakın mesafe lyrics
- kirk whalum - give me the reason lyrics
- hinder - dead to me lyrics
- emfasis - husky lyrics
- rae mcclendon - rushstroke lyrics
- migos - what you doin lyrics
- surauchie - forget lyrics
- serengeti - nice lyrics
- elenco original de madrid - un corazon lleno de amor lyrics