azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

chase lutron – hades lyrics

Loading...

hades lyrics
[verse 1]
die internet is ‘n nuwe drug
wat lewens vat
ek sien hoe val huwelike se wiele binne in ‘n instagram
lieg vir mekaar, bedrieg en praat in digitaal
siele wat liefde smag die wil net pictures vat
‘n fix virrie dag wat die diepste haat en evil spark
veral wanne iemand anders se picture beter glans
vriende raak lelik skaars
vergiet mekaar
private secret data raak geleuk vir die publiek vermaak
enige aap is skielik smart
wiet en verstaan beter as almal
maar kan skaars sy huur betaal
vicious en fals, hulle is lief vir die drama
en as djy teen’it gaan is djy ‘n [?] met haatspraak
ewe haastig om die vure te laat flam vat
[?]

[chorus]
elke moment wat ons op die phone is
control dit jou emotions
jou soul raak geprogramme
ons d+nk dit is growth
but ons raak maar net bloated
onthou net omdat dit blink
mean nie dat dit goud is
elke moment wat djy scroll op socials
control dit jou emotions
jou houding raak geprogramme
spiritual warfare is die call van die business
voor djy jou oë uitvee
is jou oordrom voel vullis

[verse 2]
die internet is ‘n nuwe slave master
kry data met fake love wat gechain is aan’it
die eienaardig ons gebruik ons duim om te type
dieselfde vinger
wat ons wys dis okay in ons life
dieselfde vinger
wat ons gebruik om dinge te grasp
meanwhile as djy kyk by die huis sak dinge binne mekaar
ons dans op die algorithms
wat ons laat drift in trans
gepluk aan ‘n system wat ons sus aan die slaap

[chorus]
elke moment wat ons op die phone is
control dit jou emotions
jou soul raak geprogramme
ons d+nk dit is growth
but ons raak maar net bloated
onthou net omdat dit blink
mean nie dat dit goud is
elke moment wat djy scroll op socials
control dit jou emotions
jou houding raak geprogramme
spiritual warfare is die call van die business
voor djy jou oë uitvee
is jou oordrom voel vullis



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...