azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

fokofpolisiekar – wees lekker ’84 lyrics

Loading...

hanteer die kontant
vir die liggaam
vir die vleis
vir die haat
vir die kinders van die straat af hou
vir die praat van opknappings
en die hout patio by die swembad bou

swart
soos my god
swart
soos my siel
swart
soos ‘n gat
swart
soos buite beheer
swart
soos ‘n diamant
swart
soos ons ma
swart
soos my hart
swart
soos my broer
swart
soos ‘n plastiek sak

wit
soos ‘n lyn
wit
soos spoeg
wit
soos cocaine
wit
soos ou kak en ou geld deur nuwe tande
wit
soos ivoorgreep en bloedskande

dis maar ‘n siklus
ek sluk myself in
dan is dit moeilik om weer uit te klim
so oorspr-nlik soos ‘n facsimile
in hierdie yin-yang simmetrie
ek sluk myself in
en elke keer moet ek van vooraf begin
ek sluk myself by hierdie siklus in

hanteer die kontant
vir die liggaam
vir die vlees
vir die haat
vir die waarheid van die straat af hou
vir die praat van in die skadu van die reënboog
‘n nasie van slagoffers bou

hou jy jou bek
nou praat jy kak
was die eerste mense eerste hier of nie?
as jy nou grondbesit wil praat
‘n kompetisie
‘n draadtrek-kompetisie hierdie
gisteraand gaan slaap en in 1984 wakker geraak

okay okay
‘kay kalmeer
drink jou nootropics en kombucha-tee
dan sal ons as transhumaniste reïnkarneer
hierdie sh-t is soos ‘n moebius strip

dis maar ‘n siklus
ek sluk myself in
dan is dit moeilik om weer uit te klim
so oorspr-nlik soos ‘n facsimile
in hierdie yin-yang simmetrie
ek sluk myself in
en elke keer moet ek van vooraf begin
ek sluk myself in hierdie siklus in

wanneer sal ons leer
dat ons enigste vyand is die sisteme van beheer
wanneer sal ons leer
ons moet ophou kak wees
ons moet lekker wees



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...