azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

jannie du toit – die sterwende lyrics

Loading...

gegroet emile dis nogal swaar
om jou vaarwel te sê val swaar sowaar
oor wyne het ons saam gesing
oor vroue het ons meegeding
ons hartseer het ons weggedrink

vaarwel emile en dis vir laas
die lente buite voel misplaas helas
onder die blomme gaan ek rus
oor vroulief voel ek houtgerus
as goeie jy haar hoeder is

+refrein:

jul moet lag
jul moet dans
hou ‘n opskop steek ‘n dop
jul moet lag
jul moet dans
as jul my die gat in stop

diе afskeid priestertjiе is swaar
om jou te groet val nogal swaar sowaar
ons het mekaar maar teengestaan
ons paaie het uiteengegaan
op soek na sin in ons bestaan
vaarwel dan patertjie vir laas
die lente buite voel misplaas helas
onder die blomme gaan ek rus
gaan stelp my vrou se droefenis
gesien jy haar vertroueling is

+refrein
jul moet lag
jul moet dans
hou ‘n opskop steek ‘n dop
jul moet lag
jul moet dans
as jul my die gat in stop

gegroet antoine al is dit swaar
om jou vaarwel te sê val swaar sowaar
dat ek moet sterf en jy kan leef
gaan moeilik wees om te vergeef
as mens verveling kan noem “leef”
vaarwel antoine en dis vir laas
die lente buite voel misplaas helas
onder die blomme gaan ek rus
my vrou sal my dalk minder mis
as jy maar weer haar minnaar is

+refrein:
jul moet lag
jul moet dans
hou ‘n opskop steek ‘n dop
jul moet lag
jul moet dans
as jul my die gat in stop
die afskeid vrou is nogal swaar
om jou vaarwel te sê val swaar voorwaar
my laaste trein moet ek nou haal
‘n vroeër trein as jy moet’k haal
vir elkeen is die uur bepaal
vaarwel my vrou en dis vir laas
die lente buite voel misplaas helas
onder die blomme gaan ek rus
en bid terwyl ek toe+oog is
dat ék in jóú gebed ook is

+refrein
jul moet lag
jul moet dans
hou ‘n opskop steek ‘n dop
jul moet lag
jul moet dans
as jul my die gat in stop



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...