azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

jurie els – 7de laan lyrics

Loading...

hillside is ‘n plekkie waar die tyd soms stil kan staan
daar’s altyd baie drama in 7de laan
die mense praat en skinner oor alles en nog wat
en hillside ken ons almal, ‘n klipgooi van die stad

hilda, o hilda, uiteindelik getroud
want septimus en krokodil was albei mal oor jou
daar’s dezi en jan+hendrik, george en connie ook
daar’s madel en daar’s sandra wat altyd kwaad wil stook
7de laan, o 7de laan
die hele land wil elke aand by jou stil gaan staan
7de laan, o 7de laan
waar die werklikhеid ‘n wyle verby ons kan gaan

t en t, diе winkel, waaroor alles altyd gaan
maar geld en mag en liefde in 7de laan
die deli, oppiekoffie en sandra se boutique
al francois weet van alles, dit maak mens eintlik siek

vanessa, o vanessa, wat is aan die gang?
jy’t altyd bietjie moeilikheid, dit maak charmaine soms bang
simphiwe en matrone, wat is aan die broei?
wie gaan wie met wie verkul en wie noem wie ‘n koei?

7de laan, o 7de laan
die hele land wil elke aand by jou stil gaan staan
7de laan, o 7de laan
waar die werklikheid ‘n wyle verby ons kan gaan
hier’s baie goeie vriende wat bymekaar bly staan
gooi bart en leon en tiaan en alice almal saam
felicity en emma en anke, wie weet wat
gee hillside teen die koppie ‘n plekkie in ons hart

7de laan, o 7de laan
die hele land wil elke aand by jou stil gaan staan
7de laan, o 7de laan
waar die werklikheid ‘n wyle verby ons kan gaan

7de laan, o 7de laan
die hele land wil elke aand by jou stil gaan staan
7de laan, o 7de laan
waar die werklikheid ‘n wyle verby ons kan gaan
waar die werklikheid ‘n wyle verby ons kan gaan



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...