azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

laurinda hofmeyr – ek wag in my hart lyrics

Loading...

my hart (ek het nooit ged+nk dat ek
oor hart sou uitwei nie, die klotsel bloed
in pypies en kraakbeen)
is ‘n toring

sodat ek jou van ver kan sien kom

oor die windkaal heuwels

met skraal bome verskroeide winkende vingers

oor die suisende wit vlakte

met my hand bo die oë (verspied verspied)

die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend
in hulle manelle soos dromende pikkewyne
met die aandster skreeu die krieke in die vlei
ek luister asemloos vir jou voeteval
(waar dool jy tussen skaterende wolwe?)

ek hang ’n lantern in die venster
en stuur my ore uit in helikopters
(het jy genoeg padkos saamgebring vir die lang tog?)
ek klim die trappe van my hart gereeld op
voedsel en drank sal my lippe nie aanraak sonder jou nie
ek hoor jou in die maanlose klowe ruis
kom jy dan nooit nader nie?

soos ‘n skildwag leun ek oor die borswering van my hart
en kneus dit met rondtrappery van my moedelose voete



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...