azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lucas maree – kiekies in my plakboek lyrics

Loading...

my kiekies is verwyssings
my lewensinfintares
die ensiklopedie van my bestaan

my kiekies is bewyse
vir die feit dat ek ook daar was
‘n prentjie komentaar wat my beaam

daar’s komedie in my kiekies
‘n skaterlag betraan
deur die afstand tussen destyds en vanaand
daar is ritme in my kiekies
‘n patroon wat hom herhaal in die kom en gaan en wegbly
van gesigte

ek verdwaal deesdae so dikwels in die blaaie van my boek
soek die sleutel van my hart onder die stof
in my pelgrimstog na gister blaai my wisselstroomgemoed
deur die ou bekende name in my boek

my kiekies bring vertroosting as die toekoms my kom soek
in my halfgeboude droomkasteel vanaand
daar’s net een probleem met kiekies en die gom van plak driehoekies
want die gapings tussen kiekies maak my bang



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...