azlyrics.biz
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lucas maree – vermiste mense lyrics

Loading...

jou naam kom nooit na vore nie, in grou geregskantore, nie in lêers oor verhore nie
jou verste, diepste spore loop ook dood

ek kan dit nie verduur nie, daar’s geen saak en geen dossier nie
nie ‘n deur wat nog skarnier nie en die wete jy’s nie hier nie word soos lood

ek bly opsoek na lank vermiste mense
maar almal bly my oninhaalbaar voor
die jare skif tot newels voor die lеnse
en die hart verloor maar mеttertyd die spoor
ja, die hart verloor maar mettertyd die spoor
die stad bars uit sy nate, al die rustelose strate sonder jou is leeg verlate en ek weet in watter mate ek jou mis
ons praat soms soos tevore en ‘n droom word weer gebore, maar ‘n wêreld lê verlore in die leegheid van die woorde wat daar is

ek soek vergeefs na lank vermiste mense
want om my is, maar onbereikbaar ver
wat langsaam uitgekring het oor my grense
nog lokkend, maar afsydig, soos ‘n ster

ek bly opsoek na lank vermiste mense
maar almal bly my oninhaalbaar voor
die jare skif tot newels voor die lense
en die hart verloor maar mettertyd die spoor
ja, die hart verloor maar mettertyd die spoor



Random Lyrics

HOT LYRICS

Loading...