spoegwolf – lenie blou ii lyrics
hey, my lenie blou
ek wonder of jy hierdie man onthou
ek sien jou in die blare
ek sien jou in die vou
van my bybel
jy was my bybel
kan jy dit voel?
ek is vyftien meter weg
ek weet jy’t dit bedoel
ek is vyftien meter
en ‘n leeftyd weg
sy sit haar lamp af
sy verdwyn
gaan jy so wag tot jou oudag?
ek ry verby
net soms in die laatnag
en ek baklei
al my duiwels, elke vrydag
vir hierdie mense
die wintervalke
maak nog nes in my huis
en in die balke
elke keer as ek iets sien
in die lug
hoop ek dis jy
uit ‘n leeftyd terug
wel, kan jy dit voel?
ek is vyftien meter weg
ek weet jy’t dit bedoel
ek is vyftien meter
en ‘n leeftyd weg
hallo my mantel
hallo my rivier
als het nou jonk geword
want jy’s nou hier
hallo my mantel
hallo my rivier
als het nou jonk geword
want jy’s nou hier
Random Lyrics
- tlc – gift wrapped kiss lyrics
- milo – for the unheard proboard warriors! lyrics
- shane reis – inaspacesuit (feat. george foisy) lyrics
- suspekt – tabu kompaner lyrics
- slim sheid unruly king – on my own lyrics
- cashtime fam – goodbye lyrics
- mdot80 & the jacka – high risk lyrics
- dadweed – a short song about feeling afraid of being alone lyrics
- mentalités sons dangereux – pendez’son lyrics
- barry white – girl it’s true, yes i’ll always love you lyrics