weer lig wolkskip – kajuit lyrics
êrens aan die klam bries
van ’n kalm seisoen
vergolf ek tot letsels
op die somer se rug
en ry ek nou terug
wit skuim teen die lug
dit bars en dit borrel nog saans
en die koue winde knaag
uit die diepte van die bors van bas
uit die skaar van my romp verhonger ek
die kajuit is verslae
in die seile jou long
waar okal ons vaar
sal die son ons opvolg
daar waar die kaal aarde oopkraak het ’n knal die rus verbreek
by die groen voet van ’n halfmens aan die hang van ’n berg
het die spoegrooi lint in die lug geverf
’n oerou fontein word aan die land geopenbaar
en die wasemgloed vleg die bloue hemel op
’n rivier van bloed en goud vlek stadig oor die klowe heen
en versamel in rou poele, daar waar die moeder met haar arms oopgestrek staan en wag
’n stroom wat voel en gee en klippe smee, kronkel oor die vlaktes van die koue bokkeveld
’n water+eenheid worstel oor die skerwe rots, doringbos, en hunker na die soutblou oseaan
die soutblou osean
Random Lyrics
- pale moon – stranger lyrics
- pause flow – ملحق lyrics
- wilmer roberts – clin clin lyrics
- koven – looking for more lyrics
- waintspy – ты (you) lyrics
- cassyette – petrichor lyrics
- bo$ x – 选择 (xuan ze) lyrics
- dorian electra – barbie boy (elyotto remix) lyrics
- triacanthos – lycanthropic transmutation lyrics
- youv dee – zigzag lyrics